Ontsluit jou volle potensiaal.

Johan Pienaar

Welkom

Welkom by my webblad. Ek bied fasiliteringsdienste en mentorskap wat veral spesialiseer in leierskapsontwikkeling en die onderwys- en gesinsomgewing. Verder tree ek gereeld op as spreker by skole, kerke, seminare en kongresse.

Meer as twintig jaar as skoolhoof het my geleer dat skoolhou en ouerskap toenemend uitdagend is. Soos alle onderwysers is ek deur die meule van hoogte- en laagtepunte, maar met genade is ek steeds nie ontnugter nie en kan my roeping met passie uitleef. Ek het genoeg gesien en beleef om te weet dat ek en jy bestem is om te leef en dit met oorgawe en impak. Waar ookal jy jou vandag bevind in jou reis deur die lewe, jy het ‘n storie om te skryf – ‘n passievolle storie van lewe, vrede en oorwinning. ‘n Storie met ewige impak. 

Begin vandag met die volgende hoofstuk van jou oorwinningsverhaal.

travel 8836969

Leef ...

en wees jou reis

Johan Pienaar

Spreker

Ek is ‘n gereelde spreker by skole, kerke, seminare en kongresse.  Ek sien myself nie as ‘n motiveringspreker nie. Motivering kom van binne. Ek het wel ‘n brandende passie om mense te herinner aan hulle waarde en om só die vlammetjie van hoop en passie aan te steek. 

"

“Gehore vind aanklank by Johan se gemaklike, eerlike aanbiedings wat getuig van warmte, deernis en hoop na dekades se ervaring in opvoeding en leierskap.”

Fasiliteerder

In ons reis deur die lewe, het elkeen geloofwaardige mentors met lewenservaring en integriteit nodig. Persone met deernis en die bereidheid om saam die pad na selfontdekking en -vervulling te stap.

Ek fasiliteer persoonlike ontwikkeling en loopbaanbeplanning en werk ook met groepe, spanne en paartjies.

Verder spesialiseer ek in leierskapsontwikkeling, strategiese sessies en mentorskap. 

 

Web boeke 1

Nuut!

Kinderboeke





Juniors

DIE SKEPPINGSDOEL
VERHOUDINGS VOORBLAD JR
KONINGSKIND VOORBLAD
OORWINNING VOORBLAD

“DIE AVONTURE VAN GERTJIE DIE GEITJIE” is ‘n lees- en leerreeks vir ouderdom ses tot tien:

In “Die skeppingsdoel” ontdek die leser saam met Gertjie die Geitjie, Pieter, Karen en Klein Kareltjie die rede vir die skepping, Adam se keuse en God se liefdeshart. Die boek is tans in die handel beskikbaar in duursame glansblad.

“Verhoudings” is die tweede boek in die reeks en hierin sien die leser hoe ons nou, as nuutgemaakte mense, na God, ander en onsself kan kyk.                           Nog nie in druk nie – tans slegs digitaal beskikbaar aan skole en kerke.

“Koningskind” fokus op hoe ons, as Koningskinders, in oorwinning kan leef – ‘n lewe wat sal getuig van God se liefde, krag en grootheid.                                       Nog nie in druk nie – tans slegs digitaal beskikbaar aan skole en kerke.

“Oorwin as Koningskind” is die laaste boek in hierdie reeks en fokus op hoe ons as Koningskinders in alle omstandighede staande kan bly.                                          Nog nie in druk nie – tans slegs digitaal beskikbaar aan skole en kerke.

Boeke is so saamgestel dat dit met gemak gebruik kan word in die huis, maar ook as materiaal vir junior klasse in skole en kerke.





Tieners

Dis Wie ek Is Voorblad

“Dis wie ek is” is die eerste van ‘n reeks e-boeke wat daarop gerig is om tieners nie net te lei om hul ware self te ontdek nie, maar om hulle waarde in Jesus te besef en die vreugde van ‘n vervulde lewe te ervaar.

Oorwinning Voorblad

“Leef in oorwinning” is die tweede e-boek in die reeks en bied ‘n vars perspektief op die wapenrusting wat Jesus aan ons bemaak het om te verseker dat ons in alle omstandighede staande sal bly.